Cynodontia | |
---|---|
’n Skelet van Belesodon magnificus in die Staatliches Museum für Naturkunde Stuttgart. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Cynodontia (Broom, 1905)
|
Therapsida | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
|
Cynodontia, of die sinodonte ("met hondetande"), is terapsides wat in die Laat Perm-periode sowat 260 miljoen jaar gelede die eerste keer hul verskyning gemaak het. Die groep sluit moderne soogdiere in, sowel as hul uitgestorwe voorsate en naby-verwante. Sinodonte wat nie soogdiere was nie, het deur Suid-Gondwana versprei en fossiele is in Suid-Amerika, Afrika, Indië en Antarktika ontdek. In die Noordelike Halfrond is fossiele ontdek in die oostelike Noord-Amerika, België en Noordwes-Frankryk. Cynodontia is een van die uiteenlopendste groepe terapsides.